6/4/12

Só lyk die wêreld se duurste motor

'n Klassieke Ferrari wat vir sir Stirling Moss gebou is, het die duurste motor ter wêreld geword nadat dit vir £22,7 miljoen (R299 miljoen) verkoop is.

Die 1962-model Ferrari 250 GTO, wat die Britse sakeman Eric Heerema besit, is aan 'n versamelaar in Amerika verkoop. Dit is een van agt klassieke Ferarri's wat die afgelope ses weke, te midde van groot aanvraag in die klassieke motormark, vir £97 miljoen (sowat R1,2 miljard) verkoop is.

Slegs 39 van die 250 GTO's is tussen 1962 en 1964 vervaardig en is elk vir £6 000 (sowat R79 000) verkoop, nou is dit een van die mees gesogte motors.

Ander eienaars sluit in Ralph Lauren en die Pink Floyd-ster Nick Mason.